Taalmonument vier menseregtemaand met plaaslike talent – Paarl se musikale sterre gaan skitter!

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) sluit vanjaar se menseregtemaand met ʼn unieke buitelug-piekniekkonsert af waartydens Paarlse musieksterre die gaste met ʼn verskeidenheid genres gaan vermaak. Dié eenmalige vertoning vind Sondagaand, 28 Maart 2021, plaas ter viering van die land se internasionaal geroemde menseregtehandves, waarvan taalregte ʼn deel uitmaak, en is ten bate van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders, wie se reg op onderwys ook in wetgewing verskans is. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) sluit vanjaar se menseregtemaand met ʼn unieke buitelug-piekniekkonsert af waartydens Paarlse musieksterre die gaste…

Lees meer

Taalmonument verwelkom nuwe raad.

Nege lede verteenwoordig ʼn breë spektrum van kundigheid Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het so pas ʼn nuwe raad verwelkom wat deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aangestel is.  Volgens die direkteur, mnr. Michael Jonas, sien die bestuur en personeel daarna uit om in noue samewerking met die raad die visie en doelstellings van ʼn inklusiewe instelling te weeg te bring. “Ons bou voort op ons projekte om miskende variëteite van Afrikaans te erken en om die diversiteit van Afrikaans deur inklusiewe programme en…

Lees meer

Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke.

Top-12 se unieke werke in Groen Galery en aanlyn te sien by die skakel : http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ Hieronder is 3 van die werke volg skakel vir meer info. Ter ere van Arabies-Afrikaans se bydrae tot die wording van Afrikaans, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verheug om die top-twaalf-inskrywings van die instelling se jongste skryfkompetisie uit te stal. As deel van die ATM se 45ste verjaardag in 2020 het hulle ʼn kompetisie geloods waardeur Afrikaanse tekste in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee)…

Lees meer

ʼn Volmaan vir ʼn nuwe jaar vol belofte – Taalmonument se eerste 2021-volmaanpiekniek op die horison; gratis vir onder-18’s.

Met die verslapping van inperkingsreëls is dit tyd om vorentoe te kyk. Sluit dus by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel aan om vanjaar se eerste Volmaanpiekniek op Vrydag, 26 Februarie 2021, tydens ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg te vier.  Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én toeriste, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 piekniek hou op die groot grasperke en die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Gaste word…

Lees meer

Só kan jy opsaal vir Afrikaans digitaal

Taalmonument en VivA bied virtuele AWS-werkwinkel vir woord(wonder)werkersGegewe dat covid-19 steeds ʼn realiteit is, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) ʼn praktiese en leersame virtuele Afrikaanse Woordelys en Spelreëls-werkwinkel op Woensdag, 10 Maart 2021, aan. Hierdie gewilde AWS-opleiding maak deel uit van VivA se Teksredaksieportaal, wat spesifiek geskep is om in die behoeftes van taalwerkers soos vertalers, teksredakteurs, skrywers, onderwysers, predikante, ensovoorts te voorsien.  “Ons het dié werkwinkels aanvanklik ter plaatse aangebied, maar die digitale eeu waarin ons leef, maak…

Lees meer

Vier 2021 se somer met die sultans van sang by Afrikaanse Taalmonument.

Wat is ʼn Januarie sonder die beroemde en geliefde The Rockets by die ikoniese Taalmonument op die Paarlberg? Ná ʼn erge onvoorspelbare jaar, is dit gerusstellend dat hulle weereens optree om die somer en nuwe jaar van 2021 behoorlik te vier. As jy nog nie dié energieke popgroep in lewende lywe aanskou het nie, is Vrydag, 29 Januarie 2021, ʼn aand wat jy nie kan misloop nie; as jy hulle reeds ken, is geen aanmoediging nodig nie. Hul konsert is boonop deels ten bate van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir…

Lees meer

A full moon for a new year full of promise.

Taalmonument’s first 2021 full moon picnic on the horizon; free for under-18s It’s time to look ahead, so join the friendly staff of the Afrikaans Language Museum and Monument to celebrate this year’s first Full Moon Picnic on Saturday, 30 January 2021, during a wonderful summer evening on the beautiful Paarl Mountain. The picnics are very popular with locals and tourists alike, who particularly enjoy the sunsets and incredible night scenes. Visitors can come anytime between 17:00 and 22:00, and have a look at the monument that is an exceptional,…

Lees meer

Piekniek en pret met Kersvader in die Boland

Taalmonument deel die gees van gee met poppekas, ballonne en geskenke Om die druk op hom te verlig, het Kersvader besluit om solank vooraf ʼn paar geskenke uit te deel tydens ʼn piekniek by die pragtige Afrikaanse Taalmonument op Saterdag, 19 Desember 2020 – ʼn aand wat ook ten bate van ʼn goeie doel geskied. Die heerlike program sal om 17:00 afskop met die poppekasvertoning ‘Hentie en die Kersfeeskrisis’ deur Henties waarna Mendl Lategan die kinders sal vermaak met die kuns om beelde uit ballonne te skep. Omstreeks 19:00 sal…

Lees meer

Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke. Kriel, Alexander en Chilwan wen R10 000; gehalte van inskrywings beïndruk

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het op 3 Desember 2020 drie skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke met R10 000 beloon vir hul uitstaande bydrae tot hierdie unieke skryftradisie. Ter ere van Versoeningsmaand, die afskaffing van slawerny asook die bydrae van Arabies-Afrikaans tot die taal se wording, is ʼn geselligheid in die Paarl gehou waartydens die algehele wenner, Gasan Kriel, asook twee naaswenners, Mogamat Alexander en Tasneem Chilwan, aangekondig is. Prof Hein Willemse, redakteur van ‘Die Afrikaans van die Kaapse Moslems’, het ook ʼn kort lesing lewer waarna vrae uit…

Lees meer

Piekniek en pret met Kersvader in die Boland

Taalmonument deel die gees van gee met poppekas, ballonne en geskenke Om die druk op hom te verlig, het Kersvader besluit om solank vooraf ʼn paar geskenke uit te deel tydens ʼn piekniek by die pragtige Afrikaanse Taalmonument op Saterdag, 19 Desember 2020 – ʼn aand wat ook ten bate van ʼn goeie doel geskied. Die heerlike program sal om 17:00 afskop met die poppekasvertoning ‘Hentie en die Kersfeeskrisis’ deur Henties waarna Mendl Lategan die kinders sal vermaak met die kuns om beelde uit ballonne te skep. Omstreeks 19:00 sal…

Lees meer