Op ʼn virtuele Paarlberg word die leviete in Kaaps voorgelees.

Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps Vrinnelat ons die Bybel oepeslaanen lat ons daaryt lies –o Allahoegste Gieslat die volgende woorde na ons almal se harte gaan!En maak vir ons lig moet hierie woordeSoos moet kerse.– Adam Small in ‘Kȏ lat ons sing’ Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die…

Lees meer

Afrikaanse Taalmonument en Taalmuseum gesluit tot 16 April 2020

Afrikaanse Taalmonument en Taalmuseum gesluit tot 16 April 2020Webtuiste bied virtuele toer en spog met ongelooflike inligting en foto’s {Afrikaanse Taalmonument and Taalmuseum closed until 16 April 2020. Website offers virtual tour, and has incredible information and photos – English below} Goeiedag | Molweni | Good day Na aanleiding van die jongste verwikkelinge rakende die koronavirus-pandemie, bevestig die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl en die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg hiermee dat beide instellings vanaf 27 Maart tot 16 April 2020 gesluit is vir besoekers. In reaksie op die staatspresident se…

Lees meer

Taalmonument: kom sê jou sê oor Afrikaans se volledige geskiedenis en toekoms. Deel 2 van Carstens se unieke boek plaas klem op taal se Afrikawortels

As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 45ste verjaarsdagvieringe vind ʼn uiters interessante boekbekendstelling van die tweede deel van ‘Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van ’n taal’ op Maandag, 9 Maart 2020, by die monument plaas. Tydens hierdie gratis geleentheid sal die befaamde medeskrywer van die boek, prof Wannie Carstens, in gesprek wees met die bekende joernalis Jean Oosthuizen. Volgens hulle is die doel om ʼn gesprek te stimuleer oor hoe Afrikaans se volledige verlede vertel moet word en daarom wil hulle soveel…

Lees meer

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink

Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier.  Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat onder meer die simboliek van…

Lees meer

Die maan is waarlik belowe by die Taalmonument

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier. Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat…

Lees meer

Inspirerende koorfees weerklink weer by Taalmonument

11 kore, 5 musikale sterre en oor die 800 koorlede beloof ʼn betowerende fees van koormusiek Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jare, vind die derde groter-en-beter Taalmonument Koorfees op Saterdag, 14 Maart 2020, plaas waartydens kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe. Vanjaar is daar boonop vyf musikale sterre – Brittany Smith (sopraan), Christine Bam (mezzosopraan), Simphiwe Mayeki (bas), Andile Tshoni (tenoor) en Kaapse Operakoor Maestro Marvin Kernelle – wat die verhoog gaan deel om die geleentheid selfs meer spesiaal…

Lees meer

Vier saam-saam Taalmonument se 45ste jaar in 2020

ʼn Fabelagtige fees vir oud en jonk wink op die pragtige Paarlberg Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se feesjaar spring op 28 en 29 Februarie 2020 weg met ’n naweek van musiek, stories, kindervermaak en ʼn mark op die wonderskone Paarlberg. Daar is boonop ʼn pretstap, joga, jazz en digkunsklas om te verseker álmal het ʼn prettige manier om een van Afrika se jongste tale te vier. Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ʼn unieke, gesellige…

Lees meer

Word in woord en lyf Zen deur dít te verken

Skrywer en jogi vier Taalmonument se 45ste fees met fokus op vlees en gees Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste feesjaar bereik ʼn skeppende Zen-hoogtepunt op 29 Februarie 2020 wanneer die bekende woordwonderwerker Diana Ferrus en die groenvinger-jogi Lizet Mulder saamspan om deur woorde, digwerk en begeleide strekposisies te ervaar wat ‘Rotsvas in Afrika’ vir elkeen beteken. ‘Groen en Gesond’ vind plaas in die Groen Galery – die buiteluggalery tussen die beeldskone granietrotse en ou olienhoutbome – en beloof om ʼn unieke ervaring te wees. Dié geleentheid…

Lees meer

Inspirerende koorfees weerklink weer by ikoniese Taalmonument

11 kore, 5 musikale sterre en oor die 800 koorlede beloof ʼn betowerende fees van koormusiek Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jare, vind die derde groter-en-beter Taalmonument Koorfees op Saterdag, 14 Maart 2020, plaas waartydens kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe. Vanjaar is daar boonop vyf musikale sterre – Brittany Smith (sopraan), Christine Bam (mezzosopraan), Simphiwe Mayeki (bas), Andile Tshoni (tenoor) en Kaapse Operakoor Maestro Marvin Kernelle – wat die verhoog gaan deel om die geleentheid selfs meer spesiaal…

Lees meer

Kom makietie en vier diversiteit by #OnseFees! 6 – 8 Desember by die Taalmonument en Amfiteater in die Paarl

Vir die eerste keer kan feesgangers uitsien na die #OnseFees wat op 6 tot 8 Desember by die Taalmonument in die Paarl aangebied word. Van ’n interessante taalgesprek, ’n verskeidenheidsprogram, die ATKV-Rieldansfinaal tot die Groet-is-’n-moet-ete en -konsert en nog vele meer – hierdie is ’n fees wat jy beslis nie moet misloop nie. Program: ’n Propvol program wag op feesgangers tydens die #OnseFees. Laai die program hier af. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Vir meer inligting besoek https://atkv.org.za/neem-deel/feeste/onsefees/ of kontak vir Bjorn Pick by 021 880 1761 of by bjornp@atkv.org.za .Amira Brown Geleentheidskoördineerder / Events Coordinator…

Lees meer