Books: Jan Smuts – son of the veld, pilgrim of the world

BACKGROUND Jan Smuts, one of the most infamous South Africans of the twentieth century remains a controversial figure. Was he one of the outstanding statesmen of his time or was he perhaps a traitor of Afrikaner interests and possibly a racist? Today there are still strong opinions on Smuts’s role. Like Paul Kruger at the end of the nineteenth century, and Nelson Mandela as the twentieth century drew to a close, it was Jan Smuts who stood head and shoulders above his contemporaries in the first half of the twentieth…

Lees meer

TITEL: Klein Plakpoppies. Katjies OUTEUR: Fiona Watt

AGTERGROND: ’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel. OOR DIE OUTEUR: Fiona Watt het in 1980 by Usborne aangesluit. Sy het in 2003 ʼn redaksionele direkteur geword, hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om baba-, kuns- en aktiwiteitsboeke te skryf. Sy het al meer as…

Lees meer

TITEL: Klein Plakpoppies. Hondjies OUTEUR: Fiona Watt

AGTERGROND: ’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse mark bekendstel. OOR DIE OUTEUR: Fiona Watt het in 1980 by Usborne aangesluit. Sy het in 2003 ʼn redaksionele direkteur geword, hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om baba-, kuns- en aktiwiteitsboeke te skryf. Sy het al meer as…

Lees meer

TITEL: Karnaval van die diere OUTEUR: Philip de Vos

AGTERGROND Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie, olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14 bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is. Die eerste uitgawe van Karnaval van die diere verskyn in 1998 by Human & Rousseau. Dit word baie goed ontvang en word in Engels, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal. OOR DIE OUTEUR…

Lees meer

TITEL: Kan ek vir my ’n troeteldier kry? OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

AGTERGROND Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! OOR DR. SEUSS Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en…

Lees meer

TITEL: Horton hoor ’n Hoe! OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

AGTERGROND Op die 15de Mei in die oerwoud van Noel terwyl Herrie Olifant swem in sy poel sou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor, ’n klein krieselklankie wat krap in sy oor … Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER! OOR DR. SEUSS Theodor Seuss Geisel (1904…

Lees meer

TITEL: Hoe die Grons Kersfees gesteel het! OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

AGTERGROND Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat … Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT! Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly? OOR DR. SEUSS Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale…

Lees meer

Een vis twee visse rooi vis blou vis OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

AGTERGROND Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word. OOR DR. SEUSS Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 30 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die Afrikaanse vertalings van…

Lees meer

Gaan Suid­Afrika oukei wees? deur Jan­Jan Joubert

In Suid Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie – maar lief vir die land – het byna ’n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheids koers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net­net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid Afrikaners hul heil in die buiteland. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN­JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan SuidAfrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid­Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms. Oor die skrywer Jan­Jan Joubert is ‘n skrywer, joernalis en politieke kommentator. Sedert 2001 het hy vir verskeie publikasies en nuusplatforms uit die parlement berig. Hy was voorheen politieke redakteur by Die Burger, Beeld en Rapport, asook parlementêre burohoof van die Sunday Times. Gaan Suid ­Afrika oukei wees? is sy tweede boek. Hy woon in Kaapstad. Publikasiedatum: 01 November 2019 Prys: R290,00 Bladsye: 232 Formaat: 234mm x 152mm  Bindstyl: Sagteband Kategorie: Aktueel ISBN­13: 9780624087700 Mobi ISBN: 9780624087724 Epub ISBN: 9780624087717 Uitgawe: 1 Druk: 0 * Prys onderhewig aan verandering Medianavrae Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Tafelberg is ‘n druknaam van NB­Uitgewers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.za

Lees meer

Die ontelbare 48 deur Wessel Pretorius

AGTERGROND Die Ontelbare 48 is ‘n eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op ’n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan. Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ’n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë…

Lees meer