A Million Little Pieces binnekort op DSTV Box Office te sien!

FOTO KREDIET:                                                   Filmfinity and Sierra Affinity A MILLION LITTLE PIECES is ’n rolprentverwerking van die 2003-topverkoper met dieselfde naam, deur James Frey, en is ’n emosiebelaaide vertelling van die skrywer se ervaring in ’n rehabilitasiesentrum in die 1990’s. As alkoholis en dwelmverslaafde, het die drie-en-twintigjarige James twee opsies: dood of rehabilitasie. Nadat hy op ’n vliegtuig wakker word met gesigbeserings en geen benul van wat met hom gebeur het nie, besluit hy om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan, waar hy meer ontdek as detoks en terapie. Op sy reis…

Lees meer

Plaaslike bekendes deel intieme stories in #CALLEDAMOFFIE-Veldtog

Ná maande se internasionale premieres en uitverkoopte vertonings, begin regisseur Oliver Hermanus se jongste fliek, MOFFIE, volgende week op die plaaslike kringloop draai. Uiteindelik, sê Hermanus, bereik die fliek diegene vir wie hy dit gemaak het – “my mede-Suid-Afrikaners.” Foto Krediete:  Brendan Croft ,OLIVER HERMANUS en Daniel Rutland Manners Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het sy premiere by die Venesiese Filmfees in September verlede jaar gehad. Sedert dié vertoning in Italië, is MOFFIE én…

Lees meer

TRUTH TV & DOWNTOWN ENTERTAINMENT BRING UNPLANNED FILM NA SUID-AFRIKA IN 2020

Olka Bolka E-Tydskrif het die primiere van die rolprent in Johannesburg bygewoon. Lucretia Labuschagne het die volgende oor die rolprent vertel: Die besonderse film Unplanned, is binnekort beskikbaar in jou naaste teater. Maak gerus ‘n nota in jou dag boek, en geniet ‘n aand uit die 28 ste Febuarie saam vriende en familie om die film te gaan kyk. Die film sal beslis ‘n impak maak in jou lewe en dit gee jou absoluut ‘n vars, objektiewe uitkyk oor aborsie en hoe dit alledaagse lewens affekteer. Groot Fm het baie…

Lees meer

AMPTELIKE SUID-AFRIKAANSE LOKPRENT VIR MOFFIE VRYGESTEL

Die amptelike Suid-Afrikaanse lokprent van die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe rolprent, MOFFIE, is vandag vrygestel midde die fliek se voortgesette veldtog op die internasionale feeskringloop. MOFFIE maak op 13 Maart aanstaande jaar sy plaaslike debuut op die grootskerm, maar dit is reeds by verskeie rolprentfeeste reg oor die wêreld vertoon. Hieronder tel die Venesië-filmfees in September vanjaar. Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het reeds gehore oor die wêreld heen oorgehaal. Vertonings…

Lees meer

Kaalnael-pret, komedie en romanse in sensasionele nuwe Afrikaanse rolprent!

FOTO KREDIET:                                                                                   Oliver Kohl ’n Skreeusnaakse kansontmoeting tussen ’n kaalnaeler en paramedikus, skep die perfekte agtergrond vir die romantiese komedie van die jaar, wat tans in Oos-Londen verfilm word en op Erfenisdag 2020 in rolprentteaters bekendgestel gaan word.   Plaaslike gehore kan vanjaar uitsien na ’n skreeusnaakse romantiese komedie deur Boondogle Films. Dié prent verskil hemelsbreed van hulle vorige projekte  – die bekroonde speelfilm, Tess, en die dokumentêr, 1994: The Bloody Miracle – en beloof om kykers te bederf met hope humor, sport en aksiebelaaide pret! KAALGAT KAREL, wat vervaardig…

Lees meer

TRUTH TV & DOWNTOWN ENTERTAINMENT BRING UNPLANNED FILM NA SUID-AFRIKA IN 2020

Uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van God’s Not Dead, kom ‘n film wat die mees kontroversiële en polariserende onderwerpe van ons tyd aanspreek; aborsie. Na tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV  kragte saam om vanaf 28 Februarie 2020 Unplanned in uitgesoekte Ster Kinekor teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te wys. Die film Unplanned is ‘n inspirerende ware verhaal van een vrou se reis van transformasie. In die eerste 5minute van die film ontmoet ons Abby en haar gesin.  Al…

Lees meer

Moffie se fliekweergawe van “Sugar Man” na radio uitgereik!

Toenemende aanvraag het die span agter bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuutste aflewering, MOFFIE, aangespoor om die fliek se herskepping van “Sugar Man” vandag na radiostasies landwyd uit te reik – presies ’n maand voor die fliek se Suid-Afrikaanse silwerskerm-debuut op 13 Maart. “Die hele ervaring is wonderlik, onwerklik,” sê Rebekah Thompson, die sanger met die ryk alt-stem wat die musiekvervaardiger Ben Ludik gekies het om Rodriguez se geliefde lied te laat herleef. “Dit het alles so vining gebeur en ek het vir seker nooit gedink dat dit hier (op…

Lees meer

Internasionaal bekroonde fliek, MOFFIE, wat op 13 Maart 2020 in Suid-Afrika open, bekendgestel!

Die amptelike Suid-Afrikaanse lokprent van die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe rolprent, MOFFIE, is vandag vrygestel midde die fliek se voortgesette veldtog op die internasionale feeskringloop. MOFFIE maak op 13 Maart aanstaande jaar sy plaaslike debuut op die grootskerm, maar dit is reeds by verskeie rolprentfeeste reg oor die wêreld vertoon. Hieronder tel die Venesië-filmfees in September vanjaar. Die storie van ‘n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het reeds gehore oor die wêreld heen oorgehaal. Vertonings…

Lees meer

Nuwe fliek oor Fox-Skandaal spog met ‘n sterbelaaide rolverdeling!

Elke beroep het sy vereistes en opofferings, maar wat is die prys wat jy (as ’n vrou) moet betaal wanneer jy genoeg moed bymekaar skraap om ’n baie invloedryke man in die publiek aan Genre: Drama Directed by: Jay Roach Starring: Charlize Theron, Nicole Kidman, Margot Robbie BOMBSHELL, deur die bekroonde regisseur Jay Roachen die draaiboekskrywer Charles Randolph, vertel die opspraakwekkende verhaal van die vroue wat dit reggekry het om een van die grootste en mees invloedryke mediareuse op sy knieë te dwing. Die rolprent is gebaseer op die ware gebeure wat gelei…

Lees meer

Antonio Banderas is puik in die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, Pain & Glory!

Genre: Drama  Directed by: Pedro Almodóvar  Starring: Antonio Banderas, Asier Etxeandia, Leonardo Sbaraglia, Penélope Cruz.                                  Running Time: 124 mins Film rating: 16 D L N Die nuwe Pedro Almodóvar rolprent, PAIN AND GLORY,  is ’n studie van aanvaarding, openbaring en versoening; dit gaan oor flieks se verhouding met die verlede en die krag wat dit het om herinneringe te herskep en aanvaarding te bewerkstellig. Dié prent is ook Spanje se amptelike Oscar-inskrywing vir die Buitelandse Rolprent-afdeling en het reeds twee toekennings ingepalm by die Cannes-filmfees vir Best Akteur (Antonio Banderas) en Beste Komponis (Alberto Iglesias).  Die…

Lees meer