GROET DIE GROTMAN 2 KOM KUIER IN HEIDELBERG MET WYSHEDE EN KWINKSLAE!

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?  Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.  Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte.  Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.  Die skreeusnaakse Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee is te sien in die rol van Grotman 2, en Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.  Groet die Grotman 2 besoek Adler’s…

Lees meer

YsterperdTert: Judith Kea saan met Kobus Stix Droskie reik hul eerste enkelsnit as groep uit – Praat met my .

Die rock-‘n- roll-groep , YsterperdTert, het met hul heel eerste enkelsnit, Praat met my,  ‘n kans gewaag wat hulle óf  soos ‘n keffende brakkie aan die hakke kon hap óf waarmee hulle met die figuurlike lourierkrans kan wegstap. YsterperdTert, wat bestaan uit Judith Kea en Kobus Stix Droskie, het soos motorfietswaaghalse die  rock ‘n roll-prinses  van Fleetwood Mac,  Stevie Nicks,  se treffer Talk to me in Afrikaans vertaal,  en daarmee ook hulle grande entreé tot die Afrikaanse rock-‘n-roll-mark gemaak. Maar Judith, wat onlangs by die Onafhanklike Afrikaanse Musiektoekennings met die…

Lees meer

VIER MOEDERSDAG MET HELENE BESTER IN SPRINGS MET HULDEBLYK AAN NANA MOUSKOURI!

Helene Bester bring in haar produksie – Helene Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres.  Bester se produksie is onder groot toejuiging by die Oppiwater Kunstefees in 2019 bekendgestel en toer sedertdien die land vol.  Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser.  Die produksie word spesiaal vir Moedersdag op Sondag, 9 Mei om 12:00 by Fabu-leaux in Springs aangebied.  Die dag se verrigtinge skop met ‘n heerlike driegangmaaltyd om 12:00 af.  Nadat daar…

Lees meer

MATHYS ROETS MET “INTIEM EN AKOESTIES” IN SPRINGS TUINKONSERT.

Ons moes nege jaar wag vir Mathys Roets se nuutste album, en Reën het laat verlede jaar die lig gesien!  Oos-Randse gehore kan egter uitsien na Mathys se Intiem en Akoesties op Saterdag, 6 Maart in Springs.  Die unieke konsert, wat heelwat materiaal vanaf Reën insluit, vind by die Presidents Ranch Eco Estate plaas.  Daar word reeds vanaf 18:00 gekuier, en elke gas ontvang ‘n glasie Van Loveren-wyn en ‘n pakkie Grotman Biltong.  Gaste is ook welkom om ‘n piekniekmandjie en “cooler box” saam te bring.  Die vertoning begin om…

Lees meer

Jacki Job in AND THEN… en Lefra Kelderkonserte.

Met die jongste inperkingsregulasies, is teaters al weer toe! Ons bring egter teater, toneel, musiek na jou sitkamer toe. Nou kan jy al Lefra se Kelderkonserte in jou eie sitkamer in jou eie tyd geniet. Slegs R120 per konsert en so ondersteun jy die kunste se voortbestaan in Suid-Afrika! Bespreek vir vir drie konserte en kry een gratis! Lees onder vir meer inligting. Nadat jy bespreek het, het jy 72 uur om die konsert op jou eie televisie te geniet! Bespreek by https://www.lefrawinkel.co.za/ LIVE SHOW LIVE Sun Jan 31st, 15:00: SA,…

Lees meer

SMOKIE-TOER UITGESTEL TOT MAART 2021.

As gevolg van die regering se beperkings op openbare byeenkomste, teaters, arenas en internasionale lugreise vir die afsienbare toekoms, het Lefra besluit om die Smokie-konserte wat in Desember in Carnival City aan die Oos-Rand, GrandWest in Kaapstad, en Time Square in Pretoria gehou sou word, uit te stel na Maart 2021.  Alle kaartjies wat vir die 2020 konserte gekoop is, is geldig vir die nuwe 2021-datums. Vir die gemak van persone wat reeds kaartjies gekoop het, word SMOKIE-kaartjies outomaties deur Computicket soos volg na die nuwe datums oorgedra: STAD VENUE…

Lees meer

Alwyn Oberholster se gelyknamige nuwe album, Tussen Sterre Dans gaan oor die liefde.

“Soos die skemerson, is jy vir my.  Op die hoogste berg, sal jy my kry.  Uitkyk op die toekoms saam met jou”.  So begin die titelsnit op Alwyn Oberholster se gelyknamige nuwe album, Tussen Sterre Dans.  “Die album gaan oor die liefde”, sê Alwyn.  “Die lekker van twee mense wat mekaar ontmoet, verlief word en dan lief vir mekaar word.”  Die inspirasie vir Tussen Sterre Dans het Alwyn een aand onder die helder maanlig gepak, met die melkweg se skitterende sterre in ‘n diep-donkerblou hemel.  “Op die nuwe album vier…

Lees meer

Nuwe fliek ondersoek die impak wat emigrasie op ‘n gesin het!

Emigrasie het al baie gesinne en families geraak en mens besef nie altyd wat die emosionele impak daarvan is nie.In hierdie film, THE NEST, fokus die reggiseur op hierdie gebeure en hoe elke lid van die gesin die proses hanteer. THE NEST sal in filmteaters wees vanaf 25 Desember 2020. Om oorsee te gaan bly, is ’n idee waaraan al hoe meer Suid-Afrikaners gewoond moet raak. Alhoewel dit gewoonlik iets is waaroor die meeste mense opgewonde is, fokus regisseur Sean Durkin se tweede vollengte speelfilm – THE NEST – op…

Lees meer

Bok Radio-Span ft Loki Rothman reik ‘n besonderse Kersfees liedjie uit!

Die Bok Radio-span se personeel is bekend daarvoor dat hulle nie net kan uitsaai nie, maar ook kan sing en toneel speel.  Met meer as 100 uitverkoopte TYDLOOS produksies op hulle kerfstok, is dit geen verrassing dat hierdie talentvolle groep hul eie liedjie opgeneem en vrygestel het nie. Gedurende Desember 2019 is Loki Rothman ingespan om ‘n liedjie namens Bok Radio, ‘n gemeenskapsradiostasie in die Kaap, te skryf. Die lirieke is ‘n toonbeeld van die Bokspan se gesindheid teenoor die gemeenskap wat hulle bedien. Die boodskap wat uitgedra word is…

Lees meer

ELMA POTGIETER IN “MY OOM SE VROU SE PLEKKIE” BY DIE ATTERBURYTEATER

Die lekkerlag Lefra-klug My Oom se Vrou se Plekkie, onder regie van Frans Swart, speel by die Atterburyteater in Pretoria op 6 en 7 November met vertonings daagliks om 20:00.  Cobus en Estelle Venter het die teks vertaal en verwerk.  Besprekings kan aanlyn by www.itickets.co.za gedoen word, of telefonies by 086 1000 291, en groepe van meer as 10, kry oudergewoonte ‘n lekker afslag.  Skakel Monica by (011) 815 3000 of besoek www.lefra.com vir meer inligting.  Daar word streng by alle Covid-19-protokolle gehou en besoekers word daaraan herinner om hul…

Lees meer