Angelique – Waar was jy?

Elke nou en dan verskyn daar ‘n sangeres op die musiekhorison wat jou laat regop sit, na jou asem laat snak en jou dwing om tot stilstand te kom en te luister – regtig té luister. Die Johannesburgse liedjieskrywer en sangeres Angelique Greffrath, wat verlede jaar Augustus met ‘n enkelsnit Wye Wêreld, gedebuteer het, is een van dáárdie sangeres wat ‘n mens nie kan ignoreer nie. Haar stem is Bonny Tyler-hees, en haar lirieke het genoeg vlees om die lyf om dit nie te reduseer tot borrelgommusiek nie. Haar nuutste…

Lees meer

JP White – Onbeplan

JP White, ‘n sag-op-die-oog sanger en liriekskrywer van die Oos-Rand, het pas sy nuutste enkelsnit Onbeplan vrygestel en dit is niks anders as pure luistergenot vir die goedontwikkelde pop-rock oor nie. JP, wat op die brose ouderdom van vyftien bekendheid verwerf het as hoofsanger van die rockgroep Radikaal, se stem het die afgelope sestien jaar ontwikkel totdat sy basstem pasknap is vir die pop-rock genre waarin hy nou sing. Radikaal was veral destyds gewild onder die jeug en sy ondersteuners het saam met hom groot geword en musikale volwassenheid bereik.…

Lees meer

Wilhelm Lichtenberg – Somerkersfees

Met net soveel passie en toewyding soos elke hartoperasie, benader Dr Wilhelm Lichtenberg, ‘n hartchirurg en (in sy uiters beperkte vrye tyd buite die hospitaal) klassieke tenoor van Kaapstad sy nuutste projek, wat ‘n boodskap van vrede, genesing en hoop aan elke Suid Afrikaner moet uitdra.Dié snydokter, beskeie dog net so skerp soos die operasiemes waarmee hy daagliks mense se lewens red, se breinkind staan bekend as Gebed Vir Vrede. Dit beslaan ‘n versameling gewyde liedere, waarvan ses oor ‘n tydperk van twee jaar as musiekvideo’suitgereik sal word. Die video’s…

Lees meer

Die singende Pretoriase prokureur, Gerard Stoop, se tweede enkelsnit is pas vrygestel

Die singende Pretoriase prokureur, Gerard Stoop, se tweede enkelsnit is pas vrygestel en net soos sy debuutenkelsnit, Enkelouer ma, is Motte en kerse ‘nfeesmaal vir die fynproewersoor. Gerard, wie se suster die bekende liriekskrywer Marietjie Stoop is, het ‘n fyn aanvoeling vir die Afrikaanse taal en as hy eers sy pen in die ink druk dan weet enige van sy aanhangers dat daar nog ‘n treffer aan die broei is. Hy het eers later in sy lewe begin om lirieke te skryf en saam met volwassenheid kom daar ook die…

Lees meer

Kwaggabees het ‘n nuwe enkelsnit uit – Anderkant die hemel

Die sanger en liedjieskrywer Kwaggabees deins nie terug om pynlike, emosioneel belaaide lirieke neer te pen en dit dan in sy musiek te verwoord nie. Dié Ghoema-wenner se derde enkelsnit Anderkant die hemel is deel van ‘n drieluik wat nie huiwer om onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aan te pak nie. Kwaggabees is bekend vir sy unieke rockklanke, maar hy is een van daardie veelsydige kunstenaars wat nie net kan rock nie, maar selfs in die sogenaamde seerkry-ballades ‘n mark kan vind. Ballades wat ‘n…

Lees meer

Anaïs se Rooibaard is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is.

Na ‘n lang gewag het die sangeres, TV-aanbieder, vervaardiger en regisseur Anaïs pas haar nuutste enkelsnit vrygestel en Rooibaard gaan beslis nie haar aanhangers teleurstel nie.  Dit is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is. Anaïs is wel onder Suid-Afrikaners van alle rasse bekend vir haar Be your dream met Anaïs en Be your dream inspired-programme wat onder meer op Via en TBN Africa uitgesaai word, maar sy is ook al lankal die liefling van die verhoog, van Afrikaanse luisteraars wat van ligte popmusiek en -ballades…

Lees meer