Het jy ook soos Wit Kasteel ‘n vriend wat altyd kans sien vir, Nog Een?

Wit Kasteel se nuwe enkelsnit, NOG EEN, gaan jou sommer vinnig in ‘n goeie bui sit en lus om bietjie te kuier saam met vriende en familie. Die liedjie volg na die vrystelling van hulle álbum en twee populêre enkelsnitte, Toegewyd en Herinnering in 2020. Foto Krediet: NDW Photography Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep, Wit Kasteel,staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ‘n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook…

Lees meer

Irene-Louise van Wyk Ft Liezel Pieters stel nuwe enkelsnit en video bekend- #Vrou.

Hiermee stel ons die nuwe enkelsnit #Vrou aan jou bekend – Irene – Louise van Wyk Ft Liezel Pieters Irene-Louise Van Wyk is ‘n sangeres, mamma, vrou en besigheids eienaar wat haar hele lewe al woon in Pretoria Oos. Met verskeie nommer een treffers. Sy het ook al saam met van die land se grootste kunstenaars op getree, gesing en getoer. Musiek vloei deur haar are van kleins af met haar Ma wat die wyle sangeres Irene Van Wyk was en Pa, musiek promotor en bestuurder Louis Van Wyk. Irene-Louise…

Lees meer

DIS ‘N UITGEMAAKTE SAAK… JY GAAN JOU HART OP “ROSE” VERLOOR!

Henri Alant staan verseker uit as energiek, optimisties en altyd positief, maak nie saak deur waste skaduwees hy beweeg nie, daar sal altyd lig aan die einde van die tonnel wees, asook ‘n boodskap van hoop om uit te dra buite toe. Henri noem “al verander hy net een luisteraar se lewe, sal sy loopbaan volmaak wees”. Sy liefde asook opregtheid vir musiek tesame met sy wonderlike talent straal uit hom uit en wanneer jy hom ontmoet vir die eerste keer kan jy nie anders as om die omgee vir…

Lees meer

Nuwe Afrikaanse sanger HARRY BROERSMA, gaan harte steel!

Harry Broersma is ‘n splinternuwe Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy noem dat musiek nog altyd sy beste ontvlugting vir alles in die lewe was. Die aspirante kunstenaar het op 17-jarige ouderdom begin kitaar speel met YouTube-tutoriale, en het in sy eerste jaar op universiteit begin liedjies skryf. “Ek glo die beste liedjies kom vanuit ‘n gebroke hart en ek is gelukkig om my gesonde verstand te behou deur musiek te skryf. My grootste inspirasie is die band, Spoegwolf.” Hy het sy musikale loopbaan begin om oorspronklike liedjies sowel as cover-liedjies…

Lees meer

Dalene Genis se debuut album “Don’t Close Your Eyes” is op 15 Desember 2020 vrygestel!

Binnekort gaan die naam Dalene Genis op almal se lippe wees, alhoewel sy al ‘n dekade in die musiekbedryf is, is haar debuut album nou vrygestel en werk sy aan ‘n pragtige nuwe Afrikaanse enkelsit wat in 2021 vrygestel sal word.  Wanneer ek na ‘n liedjie van Dalene Genis luister en haar mooi stem en musiek die kamer vul, kry ek hoendervleis . Dalene sing al 10 jaar professioneel en tree die laaste 10 jaar saam met Bobby Angel, Billy Forrest, Dennis East, Clive Bruce, Barbara Ray, Sally Vaughn, Jody…

Lees meer

Jennifer Zamudio vier 20 jaar in die musiekbedryf.

Hierdie is ‘n terugblik van 20 jaar op die musiekloopbaan van ‘n kunstenaar, Jennifer Zamudio, wat met haar borrellende geaardheid en passie vir haar werk, nog diep spore in die Suid Afrikaanse musiekbedryf gaan trap. Met twee suksevolle duet vrystellings in 2020 – saam met Henri Alant en Riaan Grobler, staan Jennifer Zamudio slaggereed met ‘n splinternuwe solo enkelsnit. Die liedjieskrywer Tertius BC Pretorius wat verantwoordelik was vir haar Nommer 1 treffer, Altyd Myne wat ingesluit is op Jennifer se album “Goud is my woorde” het weereens dit reggekry om…

Lees meer

Wie is MARCEL DALMAYDA?

Marcel Dalmayda sing al vanaf 5-jarige ouderdom. Dit was wat hy van kindsbeen af wou doen en volg dit nou voltyds as loopbaan. Op skool het hy altyd in skool revues gesing, aan kunswedstryde en eisteddfods en aan ‘n paar ATKV kompetisies deelgeneem. Gedurende sy eerste jaar op universiteit was Marcel ‘n gaskunstenaar op Noot vir Noot en daarna het hy ongeveer ses keer verskyn op Musiek Rolette as een van die kunstenaars. Hy het deelgeneem aan The Voice SA se eerste seisoen waar hy in die Top 30 was…

Lees meer

Alwyn Oberholster se gelyknamige nuwe album, Tussen Sterre Dans gaan oor die liefde.

“Soos die skemerson, is jy vir my.  Op die hoogste berg, sal jy my kry.  Uitkyk op die toekoms saam met jou”.  So begin die titelsnit op Alwyn Oberholster se gelyknamige nuwe album, Tussen Sterre Dans.  “Die album gaan oor die liefde”, sê Alwyn.  “Die lekker van twee mense wat mekaar ontmoet, verlief word en dan lief vir mekaar word.”  Die inspirasie vir Tussen Sterre Dans het Alwyn een aand onder die helder maanlig gepak, met die melkweg se skitterende sterre in ‘n diep-donkerblou hemel.  “Op die nuwe album vier…

Lees meer

TWEE SE HERMAN KLEINHANS REIK ’N SOLO-ALBUM UIT

Wat is dan nou beter om jou Desember so te begin? ‘n Oor-bederf van die talentvolle Herman Kleinhans, wat pas sy solo-album, Ruite Oop, vrygestel het, asook die musiekvideo van die enkelsnit, Vliegtuig. Daar is min sangers wat dit regkry om musiek te skep wat regtig met die hart praat. Met sy nuutste album, RUITE OOP, bewys Herman Kleinhans weereens dat hy een van die min liedjieskrywers is wat hierdie kuns vervolmaak het en beweeg hy ook ietwat uit sy gemaksone met ’n ligter nommertjie of twee. Dié wenner van…

Lees meer

Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms.

Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms. “Fluister van die strate” is deur Christo self geskryf. Christo is afkomstig van Noord Natal. Die begeerte om musiek te maak was nog altyd daar en terwyl hy in Hoërskool was het hy begin kitaar speel. Hy het Natal kleure vir rugby ontvang en het planne gehad om ‘n toekoms in rugby te hê. Die Springbok rugby speel het nie uitgewerk nie en Christo het begin liedjies skryf maar was te skaam om voor…

Lees meer