Henri Alant se “JY IS LIG” ROER AAN HARTSNARE…

Dis met groot opgewondenheid en trots dat ons as PR span by Artist Village, Henri Alant se nuutste enkelsnit, “JY IS LIG”, aan julle bekendstel. “JY IS LIG” ROER AAN HARTSNARE… Die gewilde liedjiesrkrywer en sanger met sy diep popstem, Henri Alant, het uit die staanspoor reeds talentvolle spore in die Afrikaanse musiekbedryf kom trap, en daarom beslis geen bekendstelling nodig nie. Met treffers soos “Cupid”, “In jou drome”, “Dis jou soen”, “Een somersaand” en “Daar’s ‘n rede” wat op radiostasies se toptrefferparades geboer het, het Henri ‘n stewige ondersteuningsbasis…

Lees meer

Kwaggabees het ‘n nuwe enkelsnit uit – Anderkant die hemel

Die sanger en liedjieskrywer Kwaggabees deins nie terug om pynlike, emosioneel belaaide lirieke neer te pen en dit dan in sy musiek te verwoord nie. Dié Ghoema-wenner se derde enkelsnit Anderkant die hemel is deel van ‘n drieluik wat nie huiwer om onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aan te pak nie. Kwaggabees is bekend vir sy unieke rockklanke, maar hy is een van daardie veelsydige kunstenaars wat nie net kan rock nie, maar selfs in die sogenaamde seerkry-ballades ‘n mark kan vind. Ballades wat ‘n…

Lees meer

Bok Radio-Span ft Loki Rothman reik ‘n besonderse Kersfees liedjie uit!

Die Bok Radio-span se personeel is bekend daarvoor dat hulle nie net kan uitsaai nie, maar ook kan sing en toneel speel.  Met meer as 100 uitverkoopte TYDLOOS produksies op hulle kerfstok, is dit geen verrassing dat hierdie talentvolle groep hul eie liedjie opgeneem en vrygestel het nie. Gedurende Desember 2019 is Loki Rothman ingespan om ‘n liedjie namens Bok Radio, ‘n gemeenskapsradiostasie in die Kaap, te skryf. Die lirieke is ‘n toonbeeld van die Bokspan se gesindheid teenoor die gemeenskap wat hulle bedien. Die boodskap wat uitgedra word is…

Lees meer

Anaïs se Rooibaard is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is.

Na ‘n lang gewag het die sangeres, TV-aanbieder, vervaardiger en regisseur Anaïs pas haar nuutste enkelsnit vrygestel en Rooibaard gaan beslis nie haar aanhangers teleurstel nie.  Dit is ‘n goedvoel-liefdesliedjie wat die ideale romantiese luistergenot vir dié somer is. Anaïs is wel onder Suid-Afrikaners van alle rasse bekend vir haar Be your dream met Anaïs en Be your dream inspired-programme wat onder meer op Via en TBN Africa uitgesaai word, maar sy is ook al lankal die liefling van die verhoog, van Afrikaanse luisteraars wat van ligte popmusiek en -ballades…

Lees meer

‘Hou jou mond en dans’ op Valeska se nuwe enkelsnit!

Die vakansieseisoen is om die draai en jy kan solank jou dansskoene afstof, want Valeska Muller se nuutste enkelsnit nooi jou uit om jou sorge opsy te skuif en jouself te geniet. HOU JOU MOND EN DANS is ’n opgewekte, tong-in-die-kies-danssnit wat die liefde vanuit ’n vars perspektief benader. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en Tertius Jacobs, wat spog met ’n verfrissende internasionale klank en selfs die mees kritiese oor sal beïndruk. “Hierdie lied gaan oor ’n outjie wat sy oog het op my, maar hy is ongelooflik skaam…

Lees meer

Centurion-sangeres se debuut-enkelsnit raak vernietigende verhoudings aan.

Aanhangers van die Centurion-sangeres Cheralee se voete sal behoorlik begin jeuk en koppe sal op-en-af knik as hulle na haar debuut-enkelsnit So Verkeerd luister. Die enkelsnit is in Mei vanjaar vrygestel. Dié veelsydige kunstenaar- sy is ‘n lirieke skrywer, musikant en grafiese ontwerper – se heel eerste enkelsnit So Verkeerd is deur Gert Koevert van Fire River Studios opgeneem. Die liedjie het soos ‘n veldbrand op sosialemedia versprei en behoort ook baie goed op radiostasies regoor die land te vaar.     Sy het ook ‘n musiekvideo van die liedjie gemaak…

Lees meer

Reggie Peace, Petronel Baard en Kayczwe Nkosi bemoedig alle Suid-Afrikaanse vrou met nuwe enkelsnit!

21 September 2020 , het 3 x van ons kunstenaars waarop ons ongelooflik trots is! Reggie Peace, Petronel Baard en KayCzwe Nkosi het kragte saamgespan om lewe te gee aan ’n konsep wat deur Reggie en vervaardiger, DJ Darkness, geskep is.  African Queen, is ‘n liedjie deur hulle drie geskep met die doel daaragter om alle Suid-Afrikaanse vroue aan te moedig om hulle plekke in te neem en sterk te staan deur hulle self te wees.  Dis ‘n baie belangrike boodskap, veral in die laaste tye waar geslagsgeweld geweldig toegeneem…

Lees meer

Faraway George se nuwe enkelsnit, Hey Sister, plaas die fokus op familie verhoudinge!

Sommige kunstenaars / musikante het nou maar net die vermoeë om jou geweldig te inspireer en om alles in die lewe te waardeer en te laat fokus op dit wat belangrik is in die lewe en te vergeet van al die aardse dinge.  Die baie talentvolle folk-sanger, Faraway George is een van hulle.  Ons reik vandag sy splinternuwe enkelsnit, HEY SISTER, vanaf sy album, Burnt & Found, uit en dit plaas ‘n sterk fokus op familie verhoudinge Foto Krediet: Okay Deer Photography Die gewilde folk-sanger, Faraway George, wat in Pietersburg…

Lees meer

Cezanne Yzelle – Waar ek moet wees

Die Bloemfonteinse sangeres en stemafrigter Cezanne Yzelle se aanhangers se geduld en lojaliteit word nou uiteindelik beloon met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo Waar ek moet wees. Wanneer jy jou essensie in jou werk uitstort of jou siel, kreatiwitiet en liefde, noem die Grieke dit may-rah-kee. En dit is presies wat Cezanne met Waar ek moet wees gedoen het. Sy sing met haar hart op haar mou – ‘n rustige kaberetagtige-ballade wat heelwat van haar vorige werk, wat op die kommersiële- en musiekblyspelmark gefokus het, verskil. Die hart…

Lees meer

JASON BRADLEY IN HOSPITAAL NA INWENDIGE BLOEDING

Die bekende Country-sanger, Jason Bradley, is tans in die Heidelbergse Hospitaal opgeneem nadat hy gediagnoseer is met ‘n groot ystertekort in sy bloed en lae bloedtelling.  Tina Bradley, Jason se vrou, sê dat Jason reeds die afgelope paar jaar met ‘n lewerproblem en lae yster sukkel.  “Jason se immuunstelsel is baie laag weens die lae yster.  Sy liggaam is baie vatbaar vir siektes en daarom het ons vanjaar besluit om baie minder konserte te doen sodat sy liggaam kan herstel.   Die spanning wat bygekom het met Lockdown en finansiële uitdagings…

Lees meer