Liani Reynolds se Mossie kry ‘n musiekvideo!

Liani Reynolds het sedert die vrystelling van haar debuut-album, Ligsoom, in 2019 sommer baie diep in musiekliefhebbers se harte kom kruip. Nie net omdat die stories wat sy met haar musiek vertel so kosbaar is nie, maar ook omdat haar stem en styl luisteraars boei totdat die laaste noot wegsterf. MOSSIE, die eerste enkelsnit wat sy met die publiek gedeel het, is baie goed ontvang en is ook een van dié veelsydige kunstenaar se persoonlike gunstelinge. Die liedjie, uit haar eie pen, spog met ’n meesleurende wysie wat strelend is…

Lees meer

Jezelle word eerste sangeres om te sing terwyl sy valskerm spring vir nuwe musiekvideo

Min was Jezelle bewus dat sy besig is om geskiednis te maak toe sy besluit het om op meer as 10,000 voet uit ‘n vliegtuig te spring en in kamera te sing terwyl sy aarde toe val. Hierdie waaghalsige video opname is deel van Jezelle se nuwe musiekvideo vir haar nuwe treffer getiteld “Lig jou voete op”. “Lig jou voete op” is ‘n opgewekte maar inspirerende liedjie wat sy geskryf en op ‘n paar konserte gesing het om die water te toets.  Die reaksie van die gehoor op hierdie splinternuwe…

Lees meer

Marius Lubbe stel eerste musiekvideo vry!

Marius Lubbe het onlangs sy heel eerste enkelsnit, DIS WAT SAAK MAAK, vrygestel en dit is ongelooflik goed ontvang. Dié lekkerluister-popliedjie (uit die pen van Vaughan Gardiner) kan nie net gehoor word op verskeie groot radiostasies nie, maar is ook vir meer as twee agtereenvolgende weke aangewys as Groot FM se Gunsteling Nuwe Vrystelling. Om hierdie hartlike ontvangs in die bedryf te vier, is die musiekvideo van hierdie treffer – wat deur Fathom Media verfilm is, ook nou beskikbaar. Kyk dit hier:   https://youtu.be/Ig5y-olYhTo “Met die video wou ons graag wys…

Lees meer

Petronel Baard se Heelal hou net aan met draai…

FOTO KREDIET:                                                                   Jorina Kriel Maas In die paar maande sedert die suksesvolle vrystelling van haar nuuste enkelsnit, Life is Good, het die kabaretster, Petronel Baard, nog net van krag-tot-krag gegaan. Dié liedjie, wat in Oktober verlede jaar uitgereik is, is uitstekend ontvang en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier, dit terwyl die musiekvideo ook reeds deur duisende mense op sosialemedia gekyk is. Life is Good se sukses kom dan ook as geen verrassing nie, aangesien hierdie passievolle musikant – met haar strelende storievertellerstem – oor die afgelope…

Lees meer

Rooksein tree uit hulle gemaksone met nuwe enkelsnit!

Rooksein maak al opslae vandat hulle in 2018 saam begin optree het. Sedertdien, het dié talentvolle driemanskap vier suksesvolle liedjies opgeneem en op dieselfde verhoë verskyn as groot name soos Francois van Coke, Sunset Sweatshop, Shortstraw, Bouwer Bosch, Brendan Pyper, Almero, Appél, Theuns Jordaan, Deon Groot, Dewald Wasserfall en Tussen Sterre. Nóú is die groep terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit, ONTHOU JY DIE DAE, wat hulle musiek in ’n hele nuwe rigting gaan stuur! “ONTHOU JY DIE DAE gaan oor die skokkende realiteit dat daar deesdae baie…

Lees meer

Sopraan eer haar ma se nagedagtenis met Janita Claassen-Treffer

Wat gebeur wanneer ’n uiters begaafde sopraan haar talente inspan om een van haar gunsteling Janita Claassen-liedjies op te neem? ’n Hoendervleismooi verwerking word geskep, wat nie net hulde bring aan dié oorlede sangeres nie, maar ook aan al die wonderlike ma’s daar buite. Belia Lourens het pas haar weergawe van die treffer, LIED VIR MA, vrygestel en die eindresultaat beloof om luisteraars se asems weg te slaan. “Niemand is of sal ooit vir jou so lief wees soos jou ma nie. Ons verstaan nie altyd hierdie tiepe liefde nie,…

Lees meer

Mariska lok gehore na die dansvloer met nuwe enkelsnit!

Om verlief te wees, is ’n baie vrolike en opwindende tyd in ’n paartjie se verhouding. Dit is ’n fase waarin spesiale herinneringe gemaak word… en klein dingetjies – soos hulle gunsteling-liedjie – deel word van hulle reis saam. Die gewilde sangeres, Mariska, se nuutste enkelsnit – uit die pen van Rudi Claase – gaan oor hierdie besonderse verbintenis wat twee mense altyd sal deel, ongeag van wat die toekoms inhou. EK SPEEL ONS LIEDJIE is ’n volwasse kontemporêre snit, met ’n meesleurende dansritme, wat jou herinner aan ’n moderne…

Lees meer

Ek’s Oppad – Lizanne Barnard

Lizanne Barnard se album, Gevlerktes was vir ‘n Ghoema-Toekenning benoem in 2019 in die afdeling, Beste Kontemporêre album deur ‘n Vroulike Kunstenaar. Dit het haar aangespoor om te begin werk aan haar nuwe album wat sy graag voor die einde van 2020 uitgereik wil hê. Alhoewel die nuwe album, ‘Dwarshout’ getiteld gaan wees, spring sy die jaar weg met ‘n enkelsnit wat alreeds klaar is, genaamd “Ek’s Oppad”. Die melodie het sy self geskryf en die lirieke was ‘n spanpoging saam met Pyjama Shark en Wayne Raath. Die inspirasie vir…

Lees meer

Olka Bolka E-Tydskrif leer Deon Groot van nader ken.

Luister en kyk jy na HEMELPOORTE verstaan jy waarom Deon Groot die afgelope paar jaar regoor die land harte wen en homself as een van Suid-Afrika se gewildste sangers kom vestig het. Dit is sy eerlike en opregte aanslag tot musiek en die lewe, sy hoendervleismooi storievertellerslirieke en sy diep stem wat die wenbestanddele is wat hom so gewild maak onder sy aanhangers en wat hom nog vir baie jare in die musiekbedryf gaan hou. Olka Bolka E-Tydskrif het bietjie met Deon Groot gesels om meer oor hom uit te…

Lees meer

SHARONEY STEL LANGVERWAGTE NUWE ENKELSNIT EN MUSIEKVIDEO VRY

Sharoney het beslis geen bekendstelling nodig in die Afrikaanse musiekbedryf nie. Oor die afgelope vyf jaar, het sy nie net diep in die harte van musiekliefhebbers kom kruip nie, maar ook twee Ghoema- en Huisgenoot Tempo-benoemde albums en sewe groot radiotreffers uitgereik. Nóú is hierdie talentvolle ster, met haar borrelende verhoogpersoonlikheid en onblusbare energie, terug met die eerste enkelsnit en musiekvideo vanaf haar komende album wat beslis op elke musiekspeellys gaan koning kraai.  21 VIREWIG spog met ’n splinternuwe volwasse klank en is ’n unieke Pop-nommertjie, wat hemelsbreed verskil van…

Lees meer