Gewilde TikTok-Invloeder, K1ngBert0, begin die nuwe jaar met iets total onverwags!

Een van Suid-Afrika se gewildste TikTok-invloeders, Roberto de Gouveia (beter bekend as KingBerto of @k1ngbert0), het die dapper besluit gemaak om die nuwe jaar met ’n nuwe naam te begin.  “Ek dink dat wie ek regtig is verlore raak agter my huidige aanlyn-persona, want mense neem aan dat ek arrogant is omdat ek na myself verwys as ‘king’ en die teendeel is eintlik waar,” verduidelik hy oor hoekom hy sy naam na @iam_roberto_ verander het. “Ek dink geensins dat ek beter is as ander omdat ek baie volgelinge op sosiale…

Lees meer

TOP 8 LEIERSKAPTENDENSE VIR 2022 EN WAAROM DIT NIE REGTIG SAAKMAAK NIE.

FOTO KREDIET: Jacques du Preez As jy mooi opgelet het, sou jy heelwat artikels oor tendense (in verskillende bedrywe) vir 2022 raak gelees het oor die afgelope ruk. Hierdie voorspellings word deur kenners gemaak oor moontlik veranderinge wat gaan plaasvind en kan baie waardevol wees om besigheid eienaars voor te berei oor wat om in hulle eie besighede te verwag. Denkleier, Erik Kruger, het ure spandeer om die top LEIERSKAPTENDENSE te ondersoek om vir leiers en entrepreneurs die top agt uit te sonder waarop hulle moet fokus in 2022 om…

Lees meer

FRANCINE RIVERS SE TOPVERKOPER ROMAN, REDEEMING LOVE, OP DIE GROOT SKERM MET ‘N STERK SUID-AFRIKAANSE GEUR!

Ons skop die nuwe jaar af met ‘n opwindende nuwe film, REDEEMING LOVE wat binnekort in filmteaters begin draai! Ons is veral opgewonde omdat hierdie film spog met verskeie Suid-Afrikaanse akteurs en is plaaslik in Kaapstad verfilm. Redeeming Love stel vry in Suid-Afrika sowel internasionaal en sal in filmteaters begin draai op 21 Januarie 2022. Redeeming Love is ‘n opkomende romantiese Amerikaanse tydperkdrama deur die regisseur D. J. Caruso, wat saam met Francine Rivers aan die draaiboek geskryf het. Hierdie film is gebaseer op Rivers se 1991 topverkoper met dieselfde…

Lees meer

GROOT DROME MOTIVEER DAPPER JONG SKRYWER OM HAAR EERSTE BOEK TE PUBLISEER.

“As jy dit kan droom, kan jy dit doen.” Hierdie aanhaling, deur Walt Disney, het al baie mense geïnspireer om hulle drome na te jaag, ongeag van hoe onmoontlik dit op daardie stadium gelyk het.   Bontle Ndhlovu het besluit om ’n kans op haar droom te waag en, met die ondersteuning van haar gesin, het hierdie agtjarige dit reggekry om haar eerste boek te publiseer. THE OCEANIC OXY RESCUE MISSION is ’n boek wat die storie vertel van ’n gesin se see-avonture. Volgens die jong skrywer, het ’n televisieprogram…

Lees meer

DARYN’S GYM WAS SELECTED FOR THE 51ST EDITION OF THE INTERNATIONAL FILM FESTIVAL ROTTERDAM!

DARYN’S GYM, the mockumentary comedy by writer-director Brett Michael Innes, has been selected to be part of the 51st Edition of IFFR (International Film Festival Rotterdam), where it will have its international premiere as part of the Big Screen Competition section of the program. The Big Screen Competition is the result of a long-lived collaboration between IFFR and VPRO, bridging the gap between popular, classic, and art-house cinema by showcasing sixteen feature films from across the globe to an audience jury. “I was completely blown away,” says Innes when asked…

Lees meer

VALIANT SWART HOU VEILING OM SY VROU TE ONDERSTEUN.

Ernstige siekte, hetsy jou eie of die van ’n geliefde, het ’n reuse impak op al die betrokke partye se lewens. Daarvan kan die gewilde SAMA-bekroonde sanger, liedjieskrywer en akteur, Valiant Swart, en sy vrou getuig. Lanelle, wat ook sy agent is, het twee jaar gelede ’n kankeroperasie ondergaan. Sedertdien het daar egter komplikasies ingetree en is sy onlangs gediagnoseer met limfedeem in haar regterbeen, wat moontlik ook later na haar linkerbeen kan versprei. “Lanelle is ’n ystervrou en super-ma vir ons kinders. Sy het haar hele lewe lank ’n…

Lees meer

KATE ROK SING ’N LIEFDESLIED VIR DIE NATUUR.

Kate Rok, Clarens se donkerkopster met haar kenmerkende Voortrekkerkappie, het op 1 Julie vanjaar (op haar verjaardag,) musiekliefhebbers in vervoering gehad met ’n hoendervleismooi-enkelsnit, Maangenade, wat gereeld deur groot radiostasie regoor die land gespeel word. Sedertdien het sy op die eerste dag van elke maand ‘n nuwe enkelsnit en musiekvideo digitaal uitgereik.  1 Augustus was die Afrika Reën en op 1 September het Verlate gevolg. Nóú is sy terug met haar volgende radio-enkelsnit, WILGERLIED, wat beloof om groot sukses op radiostasies te behaal en heel moontlik die sukses en verwondering…

Lees meer

IS JY OPSOEK NA ‘N MOTIVERINGSKREET? DAN MOET JY HAYLEA HEYNS SE NUWE ENKELSNIT, SORRY, KLIPHARD LUISTER!

SORRY is ‘n emosiebelaaide kontemporêre popsnit uit die pen en uitgevoer deur die super talentvolle sangeres / liedjieskrywer, Haylea Heyns en is vir enigiemand wat al ooit deur ’n geliefde in die steek gelaat is. “Dit is ’n liedjie waarin ek seerkry en verwerping oorkom,” deel die sangeres. “Iemand het my onlangs in die steek gelaat en ek het ’n liedjie daaroor geskryf. Ek is seker dat daar baie luisteraars is wat al dieselfde pyn en verwerping ervaar het, maar hierdie liedjie gaan daaroor om dit te oorkom en lief…

Lees meer

ROCKGROEP – DIE EINDSTE, STEL SPLINTERNUWE ENKELSNIT, ASOOK DEBUUT-ALBUM VRY!

Die Gauntengse rockgroep, Die Eindste, se eerste enkelsnit – L – het groot opslae gemaak in musiekkringe toe dit vroeër vanjaar uitgereik is. Nou kom dié vars briesie in die plaaslike musiekmark om luisteraars weereens te beïndruk met die vrystelling van ’n splinternuwe liedjie, JOU OPTOG, wat beloof om die sukses van hulle debuut-enkelsnit te oortref. Hierdie snit, uit die pen van die groep se voorsanger en akoestiese kitaarspeler André Faurie, gaan oor die angs van sosiale verwerping en die impak wat so ’n ingesteldheid op jou lewe en selfvertroue…

Lees meer

CHRISTIAAN BAARTMAN SE NUWE ENKELSNIT, “NET ’N BIETJIE”, SAL JOU VOET ONWILLEKEURIG LAAT SAAMTIK OP DIE MAAT VAN DIE MUSIEK.

Nie alle treffers word in ’n dag geskryf nie. Soms skaaf jy vir jare aan ’n liedjie om die perfekte eindresultaat te kry en Christiaan Baartman se nuutste enkelsnit is ’n goeie voorbeeld hiervan. NET ’N BIETJIE is vrolike Afrikaanse popliedjie wat lekker val op die oor en jou voet onwillekeurig sal laat saamtik op die maat van die musiek. “Ek het die snit al in 2006 geskryf, maar het besef dat ek baie gegroei het oor die afgelope vyftien jaar. Daarom het ek vir hom ’n nuwe baadjie aangetrek,…

Lees meer