Faraway George se nuwe enkelsnit, Hey Sister, plaas die fokus op familie verhoudinge!

Sommige kunstenaars / musikante het nou maar net die vermoeë om jou geweldig te inspireer en om alles in die lewe te waardeer en te laat fokus op dit wat belangrik is in die lewe en te vergeet van al die aardse dinge.  Die baie talentvolle folk-sanger, Faraway George is een van hulle.  Ons reik vandag sy splinternuwe enkelsnit, HEY SISTER, vanaf sy album, Burnt & Found, uit en dit plaas ‘n sterk fokus op familie verhoudinge Foto Krediet: Okay Deer Photography Die gewilde folk-sanger, Faraway George, wat in Pietersburg…

Lees meer

THE UNFAMILIAR op DSTV Box Office

Na die rolprent se suksesvolle vrystelling in die VSA, VK en Viëtnam, kan Suid-Afrikaners uiteindelik ook THE UNFAMILIAR op DSTV Box Office, iTunes of Google Play kyk! THE UNFAMILIAR vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkom van die oorlog af en dink dat sy aan Posttraumatiese Stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is. Die lewe wat sy voorheen geken het, word ingrypend verander. Die Suid-Afrikaanse rolprentmaker, HENK PRETORIUS, ook bekend vir Leading Lady, Bakgat,en Fanie Fourie’s Lobola was die regisseur van THE UNFAMILIAR en het…

Lees meer

MTV Documentary Films bekom uitsaairegte vir bekroonde Suid-Afrikaanse kortfilm

Die Tribeca-bekroonde kortfilm, My Father the Mover, is een van slegs ’n paar handuitgesoekte oorsese dokumentêre wat deur MTV Documentary Films uitgesaai gaan word. MTV Documentary Films, ’n afdeling van MTV Studios, het die regte bekom om Julia Jansch se inspirerende Afrika-dansverhaal, My Father The Mover(wat aangewys is as Beste Dokumentêre Kortfilm by die Tribeca Film Festival-Rolprentfees), uit te saai. Dié kortfilm is deel van ’n opwindende versameling bekroonde speel- en kortfilms deur uitvoerende vervaardiger, Sheila Nevins. Hierdie lys van films spreek die sosiale, politieke en kulturele onderwerpe aan wat…

Lees meer

Gerduan Kemp se nuutste enkelsnit, Sesde Sintuig, gaan oor die opwinding van om verlief te wees

Dit is reeds ’n hele paar maande sedert hy sy laaste enkelsnit vrygestel het, maar Gerduan Kemp, is terug en beter as ooit! Die kunstenaar met sy kenmerkende diep stem se nuwe liedjie, SESDE SINTUIG, gaan oor die opwinding van verlief-wees en hoe liefde eintlik soos ’n ekstra sintuig kan wees. Verhoudings was nog altyd baie belangrik vir dié drie-en-twintigjarige sanger en dis ook die inspirasie agter hierdie opgewekte snit. “SESDE SINTUIG vertel hoe liefde jou soms van die werklikheid kan laat vergeet. Liefde het ook die krag om ’n…

Lees meer

Len Muller vier samesyn en familie met nuwe enkelsnit!

Len Muller het die wonderlike gawe om jou te laat voel met sy musiek. Partykeer laat sy hoendervleismooi-lirieke jou onwillekeurig na ’n snesie gryp… en ander kere laat sy inspirerende klanke ’n warm vrolikheid deur jou are bruis, net soos sy nuutste enkelsnit, HEILDRONK! “Die lied laat my gelukkig voel en help my onthou dat jy nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Dis die moeite werd om saam met familie en vriende te stap en nie jouself af te sonder nie… soos ek in die verlede nogal…

Lees meer

Reynardt Hugo se debuut-enkelsnit kry ‘n musiekvideo!

Reynardt Hugo het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hy kuier elke aand in sitkamers regoor die land, in die rol van dr. Tertius Jonker op die kykNET-sepie Binnelanders, en was tot onlangs nog deel van die gewilde mansgroep, ADAM. Dié veelsydige ster se debuut-enkelsnit, DIE RIVIER, is onlangs vrygestel en het soos ’n veldbrand op sosialemedia versprei. Nóú is die musiekvideo van hierdie liedjie, wat reeds die trefferleer op verskeie radiostasies begin klim het, ook beskikbaar! Son Of Wolf Films was die kreatiewe brein agter hierdie besonderse projek…

Lees meer

Reynardt Hugo se eerste solo-enkelsnit is hier!

Reynardt Hugo het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hy kuier elke aand in sitkamers regoor die land, in die rol van dr. Tertius Jonker op die kykNET-sepieBinnelanders, en was tot onlangs nog deel van die gewilde mansgroep, ADAM. Nou staan dié veelsydige ster op die drumpel van ’n splinternuwe en opwindende hoofstuk van sy musiekloopbaan, met die vrystelling van sy eerste solo-enkelsnit, DIE RIVIER, wat reeds besig is om radiogolwe oor te neem. Hierdie inspirerende popsnit, wat hy saam met Abel Knobel en Sean Butler geskryf het, is…

Lees meer

Danny Smoke se supervideo is hier!

Die sensasionele Danny Smoke se #SuperVideo is pas vrygestel. Die video is ‘n trilogie, wat bestaan uit drie van sy liedjies en reeds bestaande videos van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, T-Shirt en Gaan Ons Inlê, gekombineer. Die video is geskiet tydens ‘n rit Mosambiek toe. “Ons het in ‘n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Van den heede ontmoet by ‘n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêrestyl, een…

Lees meer

Aitsa- Bekroonde musikant voltooi laaste stukkie van legkaart met nuutste vrystelling!

Danny Smoke se geheimsinnigheid maak hom onweerstaanbaar vir sy aanhangers en met sy smeulende en ennergieke lewendige optredes verower hy tans harte reg-oor Suid-Afrika.  Sy musiekvideos en liedjies is sexy en lekkerluister-musiek, waarby gehore oraloor aanklank vind en al is van sy videos al ’n keer of wat as ietwat “te warm” vir televisie beskryf, dink sy aanhangers duidelik glad nie so nie! Toe hy besluit het om die liefdesverhaal, wat hy graag wou vertel, in die vorm van ’n trilogie musiekvideos met sy aanhangers te deel is die eerste…

Lees meer

Huisgenoot nou weer op die rak beskikbaar

HUISGENOOT het verlede week vir die eerste keer in sy geskiedenis van meer as 100 jaar ’n uitgawe geskep en gefinaliseer waar die redaksie van die huis af gewerk het. Dit was ook die eerste keer in HUISGENOOT se geskiedenis dat die tydskrif slegs aanlyn verskyn het. Net soos wat die res van die land die riglyne vir die nasionale inperkingstydperk moes volg, moes HUISGENOOT gehoor gee aan die president se opdrag om die verspreiding van tydskrifte tydens die inperkingstydperk te staak in ’n poging om die verspreiding van die…

Lees meer