Sien uit na nog meer drame, liefde en intriges in die 6de seisoen van Getroud met Rugby.

Ná vyf seisoene van Getroud met Rugby is dit vir Deon Opperman en sy span ’n eer dat ’n nuwe seisoen van dié gewilde kykNET-sepie op Maandag 19 Julie begin het. Seisoen 6 skop op ’n hartseer noot af wanneer die Stryders op Dinsdag 20 Julie, finaal vir Reitz Bekker (Sean van Noordwyk) groet. Reitz was in ’n ernstige motorongeluk, wat hom breindood gelaat het. Dit is ’n moeilike en hartseer tyd, maar “Stryders bloed is bloedrooi,” en die hele Stryder-gemeenskap sal weer opstaan.  Groot en opwindende storielyne propvol intrige,…

Lees meer

Op jou merke, gereed en… blom! Die Groenste Vingers binnekort op kykNET.

Wie gaan blom? En wie kort nog bietjie kompos? Dís die vraag wat op almal se lippe gaan wees in kykNET se splinternuwe bloemiste-kompetisie, Die Groenste Vingers, wat Donderdag 22 April om 21:00 begin op kykNET (DStv-kanaal 144). Daar is min dinge so mooi soos ’n pragtige ruiker in ’n huis, ’n kleurvolle blomrangskikking op ’n tafel of ’n onthaalsaal wat ’n nuwe gesig kry met blomversiersels. Tog bly die mense wat hierdie pragstukke so moeiteloos aanmekaar slaan, soms vergete in ons bewondering. Die Groenste Vingers is ’n kompetisie program…

Lees meer

kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help

Die ekonomie wêreldwyd het afgelope jaar ’n harde klap gekry. Een van die industrieë wat seker die hardste getref is, is die restaurantbedryf. Maar moet die pandemie en die ekonomie al die skuld kry vir eetplekke se probleme? Het dit nie dalk ook te doen met swak diens, verouderde spyskaarte en oninspirerende dekor nie? Eienaars kan dalk erken dat hulle hard werk en alles gee, maar aan die einde van die maand wil die boeke net nie klop nie. Indien jy só ‘n eienaar van ’n eetplek – of dit…

Lees meer

11de kykNET Fiëstas – glansryk en inspirerend

Anders, maar nogsteeds glansryk en inspirerend. Dít is hoe vanjaar se Fiësta-toekennings beskryf kan word. Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het kreatiwitiet geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring. Die 11de kykNET Fiëstasvind plaas om hierdie werk te vereer. Vanjaar se Fiësta-toennings, wat vir die elfde keer uitgedeel word, is as gevolg van die pandemie nie ’n lewendige uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare. Die toekenningsgeleentheid is die…

Lees meer

Die Byl sorg weer vir naelbyt-aksie in April.

Kol. Piet van der Bijl, alombekend as Die Byl, en sy span is terug in April vir nog ‘n naelbyt-seisoen van hierdie gewilde reeks. In die tweede seisoen het Smiley, en veral Adriaan Klopper, ‘n skrikbewind van wraak en haat gevoer wat ‘n reuse letsel op Byl en sy span gelaat het. Hulle moes nie net die verlies van hulle kollegas verwerk nie, maar ook die individuele trauma wat elkeen ondervind het. Kapt. Lena Maree (Lika Berning) worstel met haar verantwoordelikhed as ma en vrou wat verdwerg word deur dit…

Lees meer

Neels is gereed om liefde te vind!

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde waarna hy nog smag. Akteur Neels van Jaarsveld is op soek na ware liefde en kykNET (DStv-kanaal 144) gaan hom help om sy regte pasmaat met die realiteitsprogram, Op my Eish, te vind.  Neels is veral bekend vir sy TV-rolle in Fynskrif, Die Spreeus, Dwaalster, Madiba, Hotel, Binnelanders, Waterfront, Fluiters, Bloedbroers en Vloeksteen. Op die silwerdoek was hy al te sien in flieks soos Knysna, Jagveld, Ander Mens, Table Manners, Griekwastad, Poppie Nongena en ‘n Man…

Lees meer

Die 10de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners

Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Casper de Vries was op sy stukke as seremoniemeester en is deur Dean-John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaskunstenaars, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink en Nataniël, het tot die sukses van die aand bygedra. Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe…

Lees meer

KN Pandemie: nuwe program wat die pad vorentoe ondersoek

COVID-19 is deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie tot ‘n pandemie verklaar. Vir die volgende 13 weke, vanaf Dinsdag 7 April om 21:00, bring KN Pandemie akkurate nuus en feite oor die virus op kykNET DStv-kanaal 144. In KN Pandemie sal die aanbieder, Suzaan Steyn, met kenners op verskeie gebiede regstreeks via Skype gesels. Viroloeë en dokters sal mediese aspekte van COVID-19 bespreek en praktiese wenke gee oor hoe om veilig en gesond te bly. En sielkundiges sal oor die sielkundige impak van die virus gesels, met praktiese wenke oor hoe om…

Lees meer

KykNet – April 2020 HOOGTEPUNTE

In April bring kykNET ’n verskeidenheid van inhoud, so haal die komberse uit en maak reg om voor die skerms in te skuif! Met splinternuwe programme wat hul buiging sal maak en nuwe seisoene van ’n rits gewilde kykNET-programme gaan dit ’n opskop van formaat wees! President Karen is terug met die vyfde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika! Casper de Vries gaan bietjie die lagspiere kielie. Emo Adams opsoek na die volgende vermaaklikheidsterre en ’n gewilde gospel-musikant sal sy debuut maak in ’n nuwe musiek- en kletsprogram eksklusief…

Lees meer

Groot oes SAFTA-benoemings vir kykNET

Die benoemings vir vanjaar se SAFTA’s (South African Film & Television Awards) is vroeër vandag bekend gemaak en kykNET skitter in bykans al die kategorieë met ‘n reuse totaal van 68 benoemings. In die afdeling vir uitblinkers in die TV-wêreld het die volgende programme op die kykNET-kanale benoemings gekry: In die afdeling vir telenovela’s is Arendsvlei benoem vir beste regie, draaiboek, klankbaan, kostuums, kunsregie en Crystal Donna Roberts is as beste aktrise en Roberto Kyle Meyer is as beste akteur benoem. Die reeks is ook as beste telenovela benoem.   kykNET…

Lees meer