Maak reg vir Fynskrif 2 in Oktober

Fynskrif is terug. Die tweede seisoen tel drie maande later op met Van Wyk en Vennote wat aan ‘n draadjie hang na Hans (Chris van Niekerk) se aftrede. Lara (Tinarie van Wyk Loots) is so gefokus op nuwe kliënte werf dat sy nie die gaping raaksien wat tussen haar en Jaco (Jacques Bessenger) ontstaan het nie. Boonop sit Katrien (Cintaine Schutte) met Kobus se moordsaak wat dreig om haar lewe saam met Ben en die praktyk totaal te ruïneer. Corne (Beer Adriaanse) se toekoms is duister. Wian (Edwin van der…

Lees meer

Tydelik Terminaal is ‘n 13-episode ligte dramareeks en begin 30 Oktober.

Tydelik Terminaal is ‘n 13-episode ligte dramareeks wat handel oor hoe ‘n twee-en-twintig jarige honneursstudent, Kittie Claassen, die lewe navigate ná sy met kanker gediagnoseer word. Dis “die beste kanker om te kry”, soos Dokter Pillay haar verseker. Kortom is dit ses maande se hel, en dan weer life as usual. Die probleem is dat dit haar honneursjaar is, en ‘n kinkel in haar akademiese kabel gaan beteken dat sy haar toekomsdrome van Pulitzer-prys bekroonde joernalistiek moet uitstel as gevolg van Hodgkin en sy ontydige siekte. Die reeks speel af…

Lees meer

kykNET gaan saam met die Bokke Japan toe – Ja!

Die Rugby Wêreldbeker skop af op 20 September en die Springbok-span, wat pas aangekondig is, vertrek binnekort Japan toe om teen die beste rugbyspanne vir die gesogte titel van wêreldkampioenne mee te ding. Daar wag egter veel meer opwinding as net die Rugby Wêreldbeker op kykers – kykNET stuur ‘n span saam Japan toe om vir kykers ‘n blik van die opwinding in dié land tydens die Wêreldbeker te gee. In die program, In Japan, Ja! gaan die twee aanbieders, Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels, die Bokke volg op…

Lees meer

Welkom by Huis Lelieveld!

Molly (Lizz Meiring) van Molly en Wors en Ouboet en Wors het haar werk as tandartsassistent verruil vir dié van matrone! In Willie Esterhuizen se nuutste komedie, Huis Lelieveld, kry Molly werk as matrone van die aftreeoord Huis Lelieveld, en kan kykers uitsien om ‘n paar ou gunstelinge, sowel as nuwe gesigte te sien. In die laaste episode van Ouboet en Wors, is Molly ingelig dat Dr Proctor emigreer en is sy werkloos gelaat. Sy het egter nie in sak en as gaan sit nie en só eindig sy op…

Lees meer

kykNet – Augustus 2019 HOOGTEPUNTE

Lui maar op, Belinda Maandae om 20:00 op kykNET Komedie Met Brümilda van Rensburg, Annelisa Weiland, Eric Nobbs, Duncan Johnson, Carmen Maarman en Wian Taljaard Die wedervaringe van Ian Jantjies en die ouer werknemers van sy winkel, Ian en Ander – Belinda Swanepoel, ’n eertydse Afrikaanse aktrise, Annetjie Nel, ’n militaristiese en konserwatiewe bakster, en die arme, sjarmante boereheld Frans Wessels. Die jong bleeksiel Dirkie word as hoof van sekuriteit aangestel. 5 Augustus Belinda vind stoute briewe tussen Maggie se goed en lees dit skaamteloos terwyl Frans waarsku dat sy…

Lees meer